FANDOM


Informasie Edit

Oorspronklike Titel: The Bottle.

Oorspronklike taal: Engels.

Skrywer: Onbekend.

Die storie Edit

Ek was 12 op die oomblik. Ek het gespeel in die skrootwerf met my beste tjommies. My pa was goed met 'n klomp verskeidenheid van goeters, maar hy floreer graag met voertuie en enige tipe gemotoriseerde masjiene. Hy het altyd 'n nuwe stukkende kar of vragmotor gebring, of 'n ou stukkende wasmasjien, en het dit toegelaat dat ek en my tjommies op die goeters mag speel wat in ons agtertuin lê. Ons was eendag buite by die goeters waar ons gespeel het, ons het met Jon se nuwe speelgoed geweer gespeel wat hy vir sy 13de verjaarsdag gekry het. Ons was almal gretig om die mooi Red Rider te skiet, so ons het toe 'n paar ou blikkies gekry van 'n drom wat my pa in die kelder gelos het en ons het begin skiet. 'n paar ure later het dit begin om donker te word, so toe besluit ons om dis tyd om al ons goeters op te tel en more weer te speel.

Dan wie die kleinste en die mees onsekerste in die groep was, het sy beurt gekry met die geweertjie, en hy het een laaste koel geskiet op die blikkie. Die koel het direk in die blikkie in geskiet, toe bons dit links, en tref die regter venster van 'n ou F-150 wat my pa laas week gekoop het. Die venster is toe in flenters. Dan kon sy oë nie glo van wat hy gedoen het nie. Hy staan toe daar stil in skok en staar net vir die venster. Ek hardloop toe na hom toe en sê vir hom dat dit okay is, en dat ek skuld saal neem. Hy het amper begin huil, so toe tik ek hom op die rug en sê vir hom om huistoe te gaan. Nadat hy ten minste 50 keer jammer gesê, het hy uiteindelik verlaat. Bill, Jon en Joseph verlaat toe kort daarna. Toe hulle weg uiteindelik weg is, het ek toe gaan kyk na die skade van venster. Dit was heeltemal stukkend, daar was glas stukkies orals op die sitplekke en op die vloer. Ek maak toe die deur oop om te sien of die koel hopelik in die voertuig geland het. Ek het gesoek op die vloer tussen die stukkies glas, toe tref 'n snytjie in die stoffering van die regterkantse sitplek. Ek druk my hand in die sny in en voel iets hard en glad. Ek gryp dit toe en haal dit uit, dit het gelyk soos 'n klein botteltjie van borrel sap. Die vloeistof binne in die deurskynende, glas bottel het 'n bietjie van 'n pers ondertoon gehad. Dit was 'n goeie bevinding, wat dit ookal was, so ek hou dit toe om dit more te wys vir die ouens te wys.

Community content is available under CC-BY-SA unless otherwise noted.